Thursday, January 12, 2012

Sjoe dit was E I N A

Iets wat ek regtig nie verwag het nie...

Woensdag gaan ek vir 'n besoek by Neurochirurg en Ortopediese Chirurg en toe sommer ook vir MR. Die MR opsig self is 'n ondervinding..al was ek al hoeveel keer vir dit. Daar die klein spasie om jou en dan die getiik tik tik tik die hele tyd om jou ore, al maak hulle dit toe met pluisies en sponse hoor jy dit nogsteeds. Dit is regtig asof jy binne in 'n enjin sit. . 'n freakin trekker enjin. Dit raaaaas!

Skaars het my ore weer herstel van die getik tik tik... is ek weer in spreekkamers. Dr bestudeer die MR uitslae en sy reaksie is: VROT! Weet jul hoe voel dit om so iets te hoor.... al die slegste kom op in jou gedagtes, nie 'n lekker gevoel nie, glo my!

Diagnose: Werwelverbrokkeling en Osteo Artrose!

Dr besluit om Donderdag Veelvuldige Lumbale Faset Infiltrasies te doen...as jy dink dit is 'n groot beskruiwing .. moet jy die groot naalde gesien het...dit is freakin scary! 12:00 boek ek in by Unitas Hospitaal en Dr gee my lokale verdowing by elke werwel van L1-2 af ondertoe. Dit is hond seer. Die naalde is seker 20cm. En alles word hier voor jou op rekenaarskerm vertoon, sodat Dr seker kan maak hy gaan nie by verkeerde plek in nie. En daar besluit oom Dr om sowaar dit nodig te ag om my van die nadele te vertel en dit terwyl hy naalde in my rug het .. Die prosedure was voorheen gedoen onder narkose, maar daar was voorvalle wat die pasient dan verlam is na die prosedure of op ventilator was. Hoekom ... Hoekom sal Dr's te nodig ag om mens so iets te sê? Seker maar hul werk. 16:00 is ek weer by die huis...na 'n baie ongemaklike terugrit, want ek moet op my maag lê. Eers sit manlief die sitplek voor plat, maar dit wil nie werk nie, na 'n paar kilometer kla ek hopeloos te veel. Ag toe besluit ek maar om die agterste sitplek aan te durf. Teen die tyd was ons by die huis kom, is my kniee seer van die gebuig heeltyd, maar ek is veilig tuis en kan nou maar op die bank of bed gaan lê. Was hanteerbaar vir 'n uur of twee, maar glo my toe daardie verdowing heeltemal uitgewerk is, is die pyn ondraaglik. Na 'n KLOMP pilletjies slaap ek toe heerlik. En Vrydagoggend is ek weer amper my ou self. Dit is seer, maar hanteerbaar. As die faset blok-eina oor is, is die rug veronderstel om my nie vir maande te pla nie. Kom ons hoop dit werk, want die volgende stap is fisies-rugoperasie en daarvoor sien ek nie werklik kans nie.

Hierdie was net nog een van my ondervindings vir my rug!