Sunday, March 25, 2012

My verhaal is eintlik 'n never ending story...

Met al die probleme moes ek eintlik al in sak en as gaan sit het en myself in depressie gedompel en my familie erg frustreer het..ja want dit is wat ek dink depressie doen, dit frustreer die ander om jou meer as wat jy sal besef.

Ek is Januarie terug dokter toe weens die pyn in my rug wat nogsteeds nie wil hase pad kies nie..amper soos daardie liedjie..If I could catch him, I'd put him in a box, I'l lock the door and loose the keys, for all the tricks his played on me...en dit na 'n diskusvervanging sit ek nogsteeds met die ondraaglike rugpyn. Die dokter is maar net so onseker oor hoekom dit dan nie gehelp het nie en stuur my vir bloedtoetse vir HLA-B27. Sowaar daar is dit positief. Dit is Ankylosing Spondylitis...groot woorde nê?! Dit is waar jou rugwerwels aanmekaar vasgroei en dan trek jou liggaam vooroor. Dit tas al die gewrigte (soos skouers, hande, kniee, enkels en selfs jou borsbeen) aan, dit is dan soos arthritis wat jou inflamasie gee. Die slim oom dokter (neurochirurg) stuur my na 'n rumatoloog (eintlik beteken die groot woord net dat die dokter een van 17 in SA is wat spesialiseer in rumatiek, arthritis ens.)

Die oulike Dr Christa laat my einde Februarie opneem in Eugene Marais Hospitaal om verskeie toetse te doen om te bepaal hoe ver is die AS en wat se behandeling sy dan sal voorskryf. Baie x-strale en bloedtoetse en fisio wat volg. Die weirdste toets was die flikkergram. Hul neem foto's..nie regtig x-strale nie, maar amper soos die MR masjien. Dan word daar vloeistof in jou are gespuit wat die gedeeltes wat probleme het dan swart maak op die volgende foto's. Eers sukkel ons met die medies wat nie kon verstaan dat ek lê in die hospitaal, maar my manlief is volgens hulle in die hospitaal en hoekom wil hulle nou die flikkergram op my doen as hy dan eintlik daar moet wees, met 'n groot gesukkel is dit opgelos en ek gaan op 'n Vrydagmiddag vir flikkergram..die Dr het natuurlik ander verpligtinge en ek sien haar nie weer nie. Ek word Vrydag laat ontslaan en ons sukkel deur die verkeer terug na ons klein dorpie toe.

Maandag kry ek die oproep wat my lewe verander. Dr Christa het die uitslae gesien en sy sit my dadelik op Chemo want die AS is deur my hele liggam behalwe my kniee en voete. Wat 'n skok!! Nou is dit nie meer net die rug en heup wat soveel probleme het nie, maar ook nog die 'A S - vloekwoord' siekte ook nog. Genade! Die AS veroorsaak baie pyn, amper soos gout-aanvalle. Dit beinvloed nogal baie dinge. Op die flikkergram is ook raakgesien dat die prostese (diskusvervanging) wat Feb 2011 gedoen is, is los en geskuif. Ek soek dringend afspraak by oom Dr neurochirurg en hy bevestig dat daar probleme by die prostese is en dat die L3/4 kussing nie meer is soos wat dit moet wees nie, dit gaan ingee. My kop sê dadelik vir my hier kom probleme en nog operasie/s. Volgens hom is dit onvermydelik dat daar nog operasies sal volg binne die volgende 5 jaar. Hy stel voor dat 'n 'nuwe' Dr vir my weer die veelvuldige lumbale faset infiltrasies doen, maar onder narkose sodat hul dieper kan ingaan. Ek is nie baie gelukkig met al sy 'bevindings' nie en gaan vir 2de opinie. Die dokter bevestig natuurlik wat die oom Dr gesê het en ek is in sak en as daar weg.

Ek ontvang 'n oproep van die 'nuwe' Dr wat die prosedure gaan doen, wat my sommer Maandag in die Montana Hospitaal wil hê. So hier gaan ek alweer, maar die prosedure sal ook bepaal of die rug en of die AS die meeste pyn veroorsaak. Indien dit die rug is, sal hul dan besluit wat verder sal gebeur en of ek dan vroeër vir die rugoperasie moet gaan of nog kan uitstel. En so gaan my .. never ending story.. net voort.