Tieners Tieners Tieners wil ons wees. Lewe jy in oorvloed? Lewe jy in vrees? Ag nee waar val ek nou weer uit... tieners het geen vrees. Soos 'n plaat wat vashaak ...dieselfde deuntjie heeldag oor en oor en oor... doen jou huiswerk, leer asb tog net, waar gaan jy nou weer heen, los om hemelsnaam net di mxit... en dit als val op dowe ore, want hulle het geen vrees.
Hoe sal jy reageer as mense wat jy skaars ken met hul bagasie by jou voordeur opdaag en blyplek soek? Natuurlik sou jy hulle laat verstaan dat hulle nie welkom is nie en hoe hulle ook al aanhou, sal jy vasstaan by jou besluit dat jy hulle nie blyplek kan gee nie. Ons moet dieselfde houding inneem teenoor flitsende denke wat in werlikheid lastige, ongenooide gaste is wat aan die deur van ons gedagtes klop. Nou dis mos wat ek glo nie net by ons ouer-wordende-mensies nie, maar ook by ons alles-wetende-tieners se koppies aangaan, hoekom daar alewig muisneste is.. flitsende denke of dan nou ongenooide gaste. Probeer altyd om die beste raak te sien in elke mens wat oor jou pad kom, en om nie van hulle te verwag om dieselfde te dink as jy nie.
Elke persoon wat 'n bondeltjie vreugde van hul eie al vasgehou het, glo ek, sal met my saamstem..in lief en leed..hul bly die wonderbaarlikste geleende wonderwerkies van ons Vader af.
Thursday, February 17, 2011
Wednesday, February 16, 2011
Wurg hom...
Heerlike sonnige Bosveld naweek wat voorle..almal opgewonde vir die heerlike biltong wat ons gaan he oor 'n week of wat. Opgedaag op 'n beautiful plaas wat ongelukkig nou in die nuus is oor een van die Rhino Pouching Plase.. gelukkig daardie jare wat ons dit besoek het dit aan iemand anders behoort en was daar nog nie renosters op die plaas nie. Die mooiste plek ooit, die eienaar se huis is omring met rotse, binne en buite. Vrydagmiddag ritueel na almal se aankoms is 'n sundowner wildrit en 1 persoon moet iets skiet sodat daar lewer is vir ontbyt..so gese so gedaan. Manlief skiet 'n kudu, ook maar goed want daardie aand is dit seekos op die menu en manlief se mos hy eet nie seegoggas nie. Hy't sy kudu steak geniet.. of sal ek se almal het 'n proetjie gekry want dit was so sag soos 'n baba se ..nee wag dis mos nie van toepassing op sagte smullende romerige peper kudu steak nie. Lekker kuier verder en more vroeg opstaan want daardie rooibok biltong loop nog daar erens rond. So is daar toe verskeie rooibokke, kudu's, blouwildebeest & rooihartsbeest geskiet, behalwe 1 persoon wat maar altyd saam ry, was die res almal jagters. En die manne die kuier soos dit net om 'n kampvuur gedoen kan word. Dis later of sal ek se al oggendure wat dit net die manne oor is om die kampvuur en dan sluit ek die eienaar se seun in wat net so lekker saam kuier. Ek slaap mos maar lig.. soos enige jong moedertjie seker maar leer om te doen. So hoor ek die land cruiser vertrek met al die manne wat erger giggel as 'n klomp tiener meisietjies..so word die gegiggel al verder en ek raak weer aan die slaap, net toe daardie diepslaap my tref en ek nog droom van die tropiese eiland en branders op witstrande word ek wakker met 'n groot skok. Manlief klim in die bed met die grootste lawaai ..ek skrik wakker en dis net bloed op hom waar jy kyk, sy hande lyk die ergste..so deur die slaap kyk ek om my rond, op my lyf ..op sy lyf.. tensy ek 'n erge nagmerrie het.. lyk dit asof ons albei leef. Sukkel om iets uit hom te kry, hy dink nou net aan slaap.. Toe sal ons mos hoor dat hulle op 'n shooting spree was, 'n volle 9 bokke, selfs meneer-nie-jagter het 2 geskiet. Met die skerp spot ligte as hul aanwysers, arme bokke word mos verblind daardeur. So gebeur dit toe dat manlief 'n rooibok skiet en hier kom meneer bokke na die ligte gestorm, verblind natuurlik, en manlief soos 'n wafferse crocodile dundee spring af en gryp bokkie net daar vas, hy's mos beseer so dan sal dit hom help om vinniger van sy pyn te beswyk,,verwurg hom .. ja verwurg hom. Dis eers die oggend met ontbyt ..al die manne natuurlik skoongeskrop en skoene sonder veters, want om te sukkel in die oggendure om veters los te kry, is dit dan makliker om die jagmes te gebruik vir sulke lastige veters. So kom die slagter daar ingestap en se almal moet so bietjie kom loer na die vangs..daar is een bok wat glad geen koelwond het nie, dus hoe is hy dood..en daar maak alles sin.. my eie crocodile dundee het die niks vermoedende bok verwurg.. sy arme nek morsaf gedraai.
Snap ..
... En so land ons op in die winderige provinsie. See is lieflik.. om na te kyk ja..sit jou tone daarin en jy't ysblokkies, sulke oulike rooi blokkies van die cutex nie bloed nie hoor. Maar vir die wat gewoond is daaraan, is dit soos 'n verfrissende briesie.. yeah sure. Ek wat nie eens in 'n koue swembad klim nie. Dit was mos nou eintlik die rede dat dierbare manlief vir ons (okey vir my.. maar ek sal dit ontken as jy uit praat , ne?!) 'n jacuzzi in ons lieflike vorige huis gesit het, maar ongelukkig vergeet mens dat dit tot 5ure kan vat om warm te word...hmm..toe nie so goeie idee nie. Goed ek dwaal van die punt.
Ons kry 'n lieflike kantoor op Beach Rd, net jammer ons uitsig is die munisipale swembad en nie die see, tensy jy natuurlik by die deur gaan staan. So staan ek mos juis een dag en dagdroom by die deur uit.. die telefoon lui en ontvangsdame klets met iemand reeds op die lyn.. ek draai skielik om, om natuurlik by die blerrende foon betyds uit te kom en snap.. jip net soos snap, crackle & pop. Daar is ek gesnooker...sal die manne mos se. Probeer soos 'n krap eers die kant toe, dan daai kant toe, maar genade my lyf staan vas soos 'n steeks donkie. Tevergeefs probeer ek maar soos 'n trapsietjie tot by iets kan kom waarteen ek kan leun. Die ontvangsdame oe en aah soos sy probeer help. Nodeloos om te se..Oom Dokter wil x-strale vat, en verwys my van die een na die ander..aai en ons het nie medies nie. Ons hard verdiende spaargeldjies besig om te krimp. MRI wys so iets wat amper klink soos 'ons tannie koop rose' en nog iets, toe begin ons maar met kalsium en nou ja die klein operasietjie waar 'n klein spiertjie in jou dy losgemaak word wat glo vasknyp. Die klein snytjie is toe 19cm van my regterheup oor na links aan my regterbeen in my dy. Die dokter ken nie van 'klein' nie en daar sit ek toe met 'n litteken wat Frankenstin sal jaloers maak. En ek dink toe dis die begin van die einde van my pyn... ooh die ondraagbare pyn wat ek moes deurgaan om jou vir 9maande te dra en van die geboorte wil ek nie eens praat nie...ha ha ek dink dis die snaakste se-ding van Molly & Wors en net die regte manier om te se .. watch this space.. okey .. blog.

Tuesday, February 15, 2011
Die groot val.. en wat toe daarop volg
Operasie 4 in 4 jaar ... goor, ek se vir jou goor. Goed kom ons begin by die begin. Ek was heel gesond tot ek swanger geraak het met my oudste..nou agtien jaar terug. Ons het as jong getroudes in 'n woonstelblok gebly in my tuisdorp. My geliefde man, was bevriend met die seun van een van die oudburgermeesters van ons dorp. Die se broer het 'n wonderlike restaurant besit en ons toe genooi om saam daar te gaan proe aan sy broeder se kos. Heerlike vooruitsig. 'n Lekker bederf. Opgedress en ready... ons almal ontmoet by ons woonstel wat natuurlik op die 3de vloer was, sonder enige hysbakke. Ons almal stap ondertoe en so waar het hul die vloer gewas, maar die 'pasop... nat vloer'-teken is skoonveld. Daar sal dit mos nou net my lot wees en karplaks op my agterstewe so kadomp kadomp kadomp.. met my groeiende magie en al hier by die trappe af. Sowaar ek is mos braaf en se neeeeee ek makeer niks. Ons gaan nogsteeds uiteet. Maar soos die aand verby trek ...minuut vir minuut voel ek net meer pyn en pyn en nie waar nie, daar in my agterstewe. Ag nou ja, nodeloos om te se, toe is ek maar dokter toe nie om my agterstewe uit-te-check nie, maar om seker te maak my ongebore baba is okey. En toe is my stuikie gebreek.. op 'n ring-kussing sit.. op 'n ring-kussing motor bestuur en natuurlik die res wat daarmee saamkom, kan jy my niks vertel nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)