Wednesday, February 16, 2011

Wurg hom...

Heerlike sonnige Bosveld naweek wat voorle..almal opgewonde vir die heerlike biltong wat ons gaan he oor 'n week of wat. Opgedaag op 'n beautiful plaas wat ongelukkig nou in die nuus is oor een van die Rhino Pouching Plase.. gelukkig daardie jare wat ons dit besoek het dit aan iemand anders behoort en was daar nog nie renosters op die plaas nie. Die mooiste plek ooit, die eienaar se huis is omring met rotse, binne en buite. Vrydagmiddag ritueel na almal se aankoms is 'n sundowner wildrit en 1 persoon moet iets skiet sodat daar lewer is vir ontbyt..so gese so gedaan. Manlief skiet 'n kudu, ook maar goed want daardie aand is dit seekos op die menu en manlief se mos hy eet nie seegoggas nie. Hy't sy kudu steak geniet.. of sal ek se almal het 'n proetjie gekry want dit was so sag soos 'n baba se ..nee wag dis mos nie van toepassing op sagte smullende romerige peper kudu steak nie. Lekker kuier verder en more vroeg opstaan want daardie rooibok biltong loop nog daar erens rond. So is daar toe verskeie rooibokke, kudu's, blouwildebeest & rooihartsbeest geskiet, behalwe 1 persoon wat maar altyd saam ry, was die res almal jagters. En die manne die kuier soos dit net om 'n kampvuur gedoen kan word. Dis later of sal ek se al oggendure wat dit net die manne oor is om die kampvuur en dan sluit ek die eienaar se seun in wat net so lekker saam kuier. Ek slaap mos maar lig.. soos enige jong moedertjie seker maar leer om te doen. So hoor ek die land cruiser vertrek met al die manne wat erger giggel as 'n klomp tiener meisietjies..so word die gegiggel al verder en ek raak weer aan die slaap, net toe daardie diepslaap my tref en ek nog droom van die tropiese eiland en branders op witstrande word ek wakker met 'n groot skok. Manlief klim in die bed met die grootste lawaai ..ek skrik wakker en dis net bloed op hom waar jy kyk, sy hande lyk die ergste..so deur die slaap kyk ek om my rond, op my lyf ..op sy lyf.. tensy ek 'n erge nagmerrie het.. lyk dit asof ons albei leef. Sukkel om iets uit hom te kry, hy dink nou net aan slaap.. Toe sal ons mos hoor dat hulle op 'n shooting spree was, 'n volle 9 bokke, selfs meneer-nie-jagter het 2 geskiet. Met die skerp spot ligte as hul aanwysers, arme bokke word mos verblind daardeur. So gebeur dit toe dat manlief 'n rooibok skiet en hier kom meneer bokke na die ligte gestorm, verblind natuurlik, en manlief soos 'n wafferse crocodile dundee spring af en gryp bokkie net daar vas, hy's mos beseer so dan sal dit hom help om vinniger van sy pyn te beswyk,,verwurg hom .. ja verwurg hom. Dis eers die oggend met ontbyt ..al die manne natuurlik skoongeskrop en skoene sonder veters, want om te sukkel in die oggendure om veters los te kry, is dit dan makliker om die jagmes te gebruik vir sulke lastige veters. So kom die slagter daar ingestap en se almal moet so bietjie kom loer na die vangs..daar is een bok wat glad geen koelwond het nie, dus hoe is hy dood..en daar maak alles sin.. my eie crocodile dundee het die niks vermoedende bok verwurg.. sy arme nek morsaf gedraai.

No comments:

Post a Comment