Wednesday, November 4, 2015

My never ending story ... part 2

Sedert my laaste Blog het so baie verander. Ek het 'n 'fusion'(staalpenne in my rug om rugwerwel aanmekaar te hou) gekry in Mei 2012 en ook om te help met die 'disk replacement' wat gedoen is in 2011 wat geskuif het en los was. Dit het my natuurlik vir 6 na 8 weke buite aksie geplaas. In die laaste week het ons verhuis terug Kaap toe, wat 'n gedoente met 'n af rug om die gepak klaar te kry. Die eerste paar weke in die Kaap was baie hectic. Ons het weens die feit dat ons vanaf Limpopo moes huis soek, in 'n dupleks ingetrek. Regtig 'n stunning plek, maar genade die rug wou dit net nie hou met die trappe nie. Ons meubels was hopeloos te veel vir die gewone drie slaapkamer, sitkamer en studeerkamer woning. Ons het soveel in die motorhuis gestoor. Ek het selfs naaldwerk vanuit die motorhuis gedoen so tussen al die meubels myself 'n sitplekkie gemaak. Manlief het ook vanaf die huis gewerk, en 'n hoërskool dogter, dit was omtrent 'n besige woning. Na 'n paar weke, seker nie eens 3 of 4 maande het ons maar dit opgegee en 'n ander nessie gaan skrop. Eers in 'n klein tweeslaapkamer woonstelletjie probeer nesskrop vir 'n maand, terwyl ons meubels oralste oor gestoor was. Maar genade toe tref die ongeluk ons weer. In die tydperk het ek 'n pos gekry as Gallery Bestuurderes, maar glo my dit was glad nie wat die naam sê nie. Ek moes tapeserie matte rondsleep en wie weet wat alles, wat ek natuurlik nie met die ammakrok rug kon doen nie. Na 'n maand is ek toe maar daar fort. Maar wag dat ek net eers terugkom na die blyplek. Ons woonstelletjie was baie naby aan die see, een straat weg, maar ons het eintlik baie mooi see uitsig gehad, oor daar 'n veldjie in die straat voor ons was, so tussen die ander geboue deur. Ons was op die grondvloer, genade maar dit was 'n gesukkel. Die affirmative shoppers het ons drie keer getref in net een maand. Drie keer hul luck getry soos die engelsman sal sê. Eers was dit twee wat oor die heining oorklim in die oggendure en oor ons venster so na aan die hek was, kon ek alles hoor en natuurlik ook oor ek nou nie juis 'n vaste slaper is nie. Ons het so geskree dat hulle maar die hasepad gekies het. Skaars 'n paar dae later en het hulle sowaar die chieck gehad om die venster oop te breek, nie die glas nie, maar net die slot om in te kom en dit terwyl ek en my dogter in die woonstel was. Ek dink hulle was amper binne toe hulle ons hoor vra wat se geluide was dit dan nou en gelukkig het hulle toe weer gevlug. Maar die ergste was die dag wat ons nou uiteindelik kon trek, sowaar daardie oggend net na 2uur, hoor ek iets in die woonstel. Eers het ek gedink dis my dogter wat opstaan vir 'n nood badkamer besoekie, maar toe kom ek agter nee dit kan nie wees nie, sy sou die lig aanskakel. Ek maak toe maar vir ou slaapkous hier langs my wakker en sê iets is nie pluis nie, sy reaksie was lê net doodstil en moenie enige aanduiding gee dat ons hulle hoor nie. Woeps binne minute wat natuurlik soos 'n ewigheid voel as jy so stokstyf in die bed lê, is hulle weg met my doedelsak wat gelukkig net my beursie ingehad het, met min geld daarin natuurlik, want dit was maar broekskeur met een inkomste gewees, maar ooh weet jy die kaarte, genade daardie beslommernis en dan natuurlik manlief se selfoon en die grootste skade..ons laptop. Dit was hartverskeurend om te besef al jou inligting, foto's en herinneringe wat mens so mooi bewaar is weg. En al manlief se data vir sy werk. Woeps in 'n oogwink net weg. So trek ons toe in die huis, en my rug en heup wil net nie ophou nie. Die huis ekspedisie het ook nie lank gehou nie, toe begin manlief rooimiere kry en ons verhuis na 'n pratige drieslaapkamer woonstel in Kusweg, met net die see voor ons, geen bure wie se honde raas nie, net die beautiful see. Ons is natuurlik nou al meer as twee jaar daar en geniet nogsteeds elke dag die ongelooflike mooi uitsig, wat nooit dieselfde is nie. Ek moes noodgedwonge maar weer die oulike dokter wat so mooi na my gekyk het in Pretoria toe maar aan 'n lyntjie hou en ek wou maar net nie vir haar sê ons het verhuis nie, was te bang sy wil nie meer die nood belangrike kroniese voorskrif vir my gee nie. Ek het toe maar na 'n paar maande besluit om 'n ander rematoloog te soek in ons nuwe omgewing(of eintlik ou, want ons het mos voorheen ook in die Kaap gewoon). Aai wat 'n soektog want hulle is regtig so skaars soos hoendertande. So geluk by die ongeluk kry ek toe 'n nommer van ons skoolhoof, ooh ja ek het na die gallery verhaal 'n pos weer in die onderwys by 'n wonderlike privaatskool gekry. Die skoolhoof het baie ernstig siek geword en het die professor gaan sien, waarby ek toe ook opland. Maar eers moes dit natuurlik weer 'n wilde draai vat, want niks is normaal in my lewe nie. Ek het opgeland by 'n ander dokter wat by dieselfde praktyk praktiseer, aangesien die dokter wat ek eintlik wou sien nie vir 'n baie lang tydperk, ek bedoel maande, beskikbaar was nie. Die ou jong doktertjie, ek bedoel heelwat jonger as ek, nie dat ek nou eintlik horing oud is nie, wil toe mos vir my sê dat ek nou nie eintlik makeer wat die ander dokter sê ek doen nie. So skryf sy heeltemal iets anders voor en wil sê madame jy het eintlik net hieperkonders en depressie...oooh genade dit was die verkeerdste ding om te sê. Ek was skaars uit die spreekkamer en daar is ek op die foon na my dierbare dokter Christa. Sy was redelik ontsteld dat die ou jong doktertjie nie eens dit nodig gevind het om my geskiedenis na te gaan nie. En sy weier dat ek die medikasie drink, so is ek toe terug op die ou voorskrif, enige iets net sodat die rug en heup (my never ending story) sal beter voel. Sy dring toe daarop aan dat ek tog wel by die professor sal uitkom. En met haar hulp is ek na 'n paar weke in sy spreekkamer, wat natuurlik nou eenkeer in drie maande gebeur. Hy het natuurlik al my geskiedenis op aandring van Dr Christa deurgegaan en sy bevinding was maar dieselfde as my getroue dokter in Pretoria. So is na drie maande weer terug by hom en elke keer is dit net meer depressing as die vorige keer. Ek het nogsteeds die vloekwoord (Ankylosing Spondylitsis) siekte wat forever daar sal wees en die medikasie is opgestoot na soveel per dag, dis handevol in die oggend, soos ses gedurende die dag en dan weer 'n handvol in die aand. Maar glo my as ek dit nie neem nie, kan die verkrokte ou lyf nie dit deur die dag maak nie. My heup skop sommer vanself uit en weier om verder sy samewerking te gee. My rug pyn, brand en is sommer net stokstyf met absoluut geen manier wat ek deur die dag kom nie. Daar is net mooi geen manier nie. So my lot is doodeenvoudig, drink maar jou handevol pilletjies elke dag en kom ten minste deur die dag. Vanaand se slapelose nag is natuurlik 'n storie vir 'n ander dag....my never ending story.
Foto aangeheg is my medikasie vir net EEN maand.

Sunday, March 25, 2012

My verhaal is eintlik 'n never ending story...

Met al die probleme moes ek eintlik al in sak en as gaan sit het en myself in depressie gedompel en my familie erg frustreer het..ja want dit is wat ek dink depressie doen, dit frustreer die ander om jou meer as wat jy sal besef.

Ek is Januarie terug dokter toe weens die pyn in my rug wat nogsteeds nie wil hase pad kies nie..amper soos daardie liedjie..If I could catch him, I'd put him in a box, I'l lock the door and loose the keys, for all the tricks his played on me...en dit na 'n diskusvervanging sit ek nogsteeds met die ondraaglike rugpyn. Die dokter is maar net so onseker oor hoekom dit dan nie gehelp het nie en stuur my vir bloedtoetse vir HLA-B27. Sowaar daar is dit positief. Dit is Ankylosing Spondylitis...groot woorde nê?! Dit is waar jou rugwerwels aanmekaar vasgroei en dan trek jou liggaam vooroor. Dit tas al die gewrigte (soos skouers, hande, kniee, enkels en selfs jou borsbeen) aan, dit is dan soos arthritis wat jou inflamasie gee. Die slim oom dokter (neurochirurg) stuur my na 'n rumatoloog (eintlik beteken die groot woord net dat die dokter een van 17 in SA is wat spesialiseer in rumatiek, arthritis ens.)

Die oulike Dr Christa laat my einde Februarie opneem in Eugene Marais Hospitaal om verskeie toetse te doen om te bepaal hoe ver is die AS en wat se behandeling sy dan sal voorskryf. Baie x-strale en bloedtoetse en fisio wat volg. Die weirdste toets was die flikkergram. Hul neem foto's..nie regtig x-strale nie, maar amper soos die MR masjien. Dan word daar vloeistof in jou are gespuit wat die gedeeltes wat probleme het dan swart maak op die volgende foto's. Eers sukkel ons met die medies wat nie kon verstaan dat ek lê in die hospitaal, maar my manlief is volgens hulle in die hospitaal en hoekom wil hulle nou die flikkergram op my doen as hy dan eintlik daar moet wees, met 'n groot gesukkel is dit opgelos en ek gaan op 'n Vrydagmiddag vir flikkergram..die Dr het natuurlik ander verpligtinge en ek sien haar nie weer nie. Ek word Vrydag laat ontslaan en ons sukkel deur die verkeer terug na ons klein dorpie toe.

Maandag kry ek die oproep wat my lewe verander. Dr Christa het die uitslae gesien en sy sit my dadelik op Chemo want die AS is deur my hele liggam behalwe my kniee en voete. Wat 'n skok!! Nou is dit nie meer net die rug en heup wat soveel probleme het nie, maar ook nog die 'A S - vloekwoord' siekte ook nog. Genade! Die AS veroorsaak baie pyn, amper soos gout-aanvalle. Dit beinvloed nogal baie dinge. Op die flikkergram is ook raakgesien dat die prostese (diskusvervanging) wat Feb 2011 gedoen is, is los en geskuif. Ek soek dringend afspraak by oom Dr neurochirurg en hy bevestig dat daar probleme by die prostese is en dat die L3/4 kussing nie meer is soos wat dit moet wees nie, dit gaan ingee. My kop sê dadelik vir my hier kom probleme en nog operasie/s. Volgens hom is dit onvermydelik dat daar nog operasies sal volg binne die volgende 5 jaar. Hy stel voor dat 'n 'nuwe' Dr vir my weer die veelvuldige lumbale faset infiltrasies doen, maar onder narkose sodat hul dieper kan ingaan. Ek is nie baie gelukkig met al sy 'bevindings' nie en gaan vir 2de opinie. Die dokter bevestig natuurlik wat die oom Dr gesê het en ek is in sak en as daar weg.

Ek ontvang 'n oproep van die 'nuwe' Dr wat die prosedure gaan doen, wat my sommer Maandag in die Montana Hospitaal wil hê. So hier gaan ek alweer, maar die prosedure sal ook bepaal of die rug en of die AS die meeste pyn veroorsaak. Indien dit die rug is, sal hul dan besluit wat verder sal gebeur en of ek dan vroeër vir die rugoperasie moet gaan of nog kan uitstel. En so gaan my .. never ending story.. net voort.

Thursday, January 12, 2012

Sjoe dit was E I N A

Iets wat ek regtig nie verwag het nie...

Woensdag gaan ek vir 'n besoek by Neurochirurg en Ortopediese Chirurg en toe sommer ook vir MR. Die MR opsig self is 'n ondervinding..al was ek al hoeveel keer vir dit. Daar die klein spasie om jou en dan die getiik tik tik tik die hele tyd om jou ore, al maak hulle dit toe met pluisies en sponse hoor jy dit nogsteeds. Dit is regtig asof jy binne in 'n enjin sit. . 'n freakin trekker enjin. Dit raaaaas!

Skaars het my ore weer herstel van die getik tik tik... is ek weer in spreekkamers. Dr bestudeer die MR uitslae en sy reaksie is: VROT! Weet jul hoe voel dit om so iets te hoor.... al die slegste kom op in jou gedagtes, nie 'n lekker gevoel nie, glo my!

Diagnose: Werwelverbrokkeling en Osteo Artrose!

Dr besluit om Donderdag Veelvuldige Lumbale Faset Infiltrasies te doen...as jy dink dit is 'n groot beskruiwing .. moet jy die groot naalde gesien het...dit is freakin scary! 12:00 boek ek in by Unitas Hospitaal en Dr gee my lokale verdowing by elke werwel van L1-2 af ondertoe. Dit is hond seer. Die naalde is seker 20cm. En alles word hier voor jou op rekenaarskerm vertoon, sodat Dr seker kan maak hy gaan nie by verkeerde plek in nie. En daar besluit oom Dr om sowaar dit nodig te ag om my van die nadele te vertel en dit terwyl hy naalde in my rug het .. Die prosedure was voorheen gedoen onder narkose, maar daar was voorvalle wat die pasient dan verlam is na die prosedure of op ventilator was. Hoekom ... Hoekom sal Dr's te nodig ag om mens so iets te sê? Seker maar hul werk. 16:00 is ek weer by die huis...na 'n baie ongemaklike terugrit, want ek moet op my maag lê. Eers sit manlief die sitplek voor plat, maar dit wil nie werk nie, na 'n paar kilometer kla ek hopeloos te veel. Ag toe besluit ek maar om die agterste sitplek aan te durf. Teen die tyd was ons by die huis kom, is my kniee seer van die gebuig heeltyd, maar ek is veilig tuis en kan nou maar op die bank of bed gaan lê. Was hanteerbaar vir 'n uur of twee, maar glo my toe daardie verdowing heeltemal uitgewerk is, is die pyn ondraaglik. Na 'n KLOMP pilletjies slaap ek toe heerlik. En Vrydagoggend is ek weer amper my ou self. Dit is seer, maar hanteerbaar. As die faset blok-eina oor is, is die rug veronderstel om my nie vir maande te pla nie. Kom ons hoop dit werk, want die volgende stap is fisies-rugoperasie en daarvoor sien ek nie werklik kans nie.

Hierdie was net nog een van my ondervindings vir my rug!

Wednesday, November 30, 2011

Sprakeloos ! !

My hart is seer en ek is ernstig depressed. Hoe gemaak as jou lyf vinniger as jy oud word? Of dit is hoe dit voel. Die laaste 4 jaar het ek reeds 4 operasies gehad. Drie keer op my heup en dan 1 op my rug . . werwelvervanging . . Februarie 2011. Nou moet ek die ontstellende nuus hoor dat die Maverick discs wat in my rug is, in Amerika ge'discontinue' word..met ander woorde, dit dien nie die doel nie. Freaking exciting, ne? En dan nog erger, die Neurochirurg en Ortopediese Chirurg is ontevrede dat ek al die ou simptome terug het en dat die x-strale van my rug nie goed lyk nie. Maar nou is die erger nuus, dat my medies uitgeput is en ek moes so pas meer as R1000 betaal vir medisyne wat ek moet neem tot 11 Januarie, wanneer ek hulle weer sien en dan word MRI gedoen. Ek is regtig so op!!!

Thursday, November 24, 2011

Knoop jou hoop aan God vas

Een van die dinge wat die moeilikste is om te hanteer wanneer 'n mens aan depressie ly, is dat jy jou hoop verloor. Jy dink dat niemand jou meer nodig het nie, dat jy niks werd is nie, dat die toekoms vir jou geen positiewe dinge inhou nie. Maar so mag 'n Christen nooit voel nie. Ons het 'n hoop wat niemand ooit van ons kan wegneem nie omdat daardie hoop nie 'n abstrakte gevoel is nie, maar 'n Persoon: God self. God is ons Bron van hoop, skryf Paulus in sy Romeinebrief. Hy vervul ons met alle vreugde en vrede sodat ons hoop al hoe sterker kan word deur die krag van sy Heilige Gees (Rom 15:13).
Moet nooit jou hoop verloor NIE, al gebeur wat ook al met jou, ook al voel dit vir jou asof jy geen hoop in jouself, in ander mense of in God oor het nie. Knoop jou hoop aan God vas - Hy beloof vir jou die hemel. "Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het" Heb 10:23. Elkeen van God se beloftes is waar: As jy op God bly hoop, sal Hy vir jou die hemel waarborg. Meer nog, as jy in Jesus glo, is die hemel nou reeds joune!

Wednesday, October 5, 2011

Eendag ..lank lank gelede....

Nee nie soos die titel se nie.. dit was nie so lank terug nie..om die waarheid te se in 2003/2004. Ek het skool gegee by 'n wel bekende skool in Pietersburg (Polokwane). My klas was op die 1ste vloer, my buurman links was 'n vriendelike jong bruinman en aan die regterkant 'n ewe vriendelike ouer dame wat so effens doof was. Dit is 'n Engelse skool en daar was tog een klas wat meerderheid Afrikaanse leerlinge ingehad het. My manlief het vir my 'n pragtige pienk broekpak gekoop, nogal by QueensPark. Die eerste dag wat ek dit werk toe aantrek..sal dit die dag mos nou so verloop..per toeval die dag was die 'Afrikaanse' klas by my vir daardie periode. Niks vermoedend het ek voortgegaan soos wat van 'n onderwyseres verwag word en karplaks daar le ek agter my tafel..die enigste wat ek kan onthou was die Afrikaanse seun wat oor my staan met die groot 1,5liter waterhouer wat op my tafel gewoonlik gestaan het..en daar word ek sopnat gegooi..en my pienk broekpak is vol watermerke..met die woorde 'Juffrou Juffrou is jy okey?' wat weergalm..en die gawe jong buurman van die klaskamer links wat skreeu op die top van sy stemmetjie..'Class keep quiet keep quiet'. Nie asof hulle aan hom gesteur het nie.
Nie lank na die episode is ek in die personeel se 'rekenaarkamer' besig om aan vraestelle te tik en daar voeter ek van die stoel op die mat..die skoolhoof was op daardie oomblik oppad verby die kantoor en daar le ek in alle glorie (volgens sy beskrywing)..hy het onmiddellik die ambulans geskakel en ek is vir die eerste keer ooit in 'n ambulans met liggies en sirenes en die hele toetie met die paramedics saam my agter in, hospitaal toe. Met die eerste ondersoek is bepaal dat ek lae bloeddruk het, maar met verdere ondersoeke is daar toe 'n klein aneurisme op my brein ontdek. My hart was in my skoene, want dit is mos nou 'n vonnis(of so het ek gedink). Niks kontaksport (dit beteken nie meer netbal afrig nie). . en nog 'n klompie moets en moenies.
Een dag het ek by die huis weer flou geword en my kinders het in die kombuis gekom (hulle was heelwat jonger as nou) en daar le ma. . kan nie onthou watter een dit was nie, maar toe ek bykom se die een aan die ander 'los haar sy slaap'. Vandag is dit baie snaakser as op daardie oomblik. . 'n ma wat le en slaap op die kombuisvloer, yeah right.
'n Jaar of wat later woon ons toe in 'n buurland. Ek het aanhoudend hierdie ongelooflike hoofpyne gekry en was so bevrees dat die aneurisme nou besluit dit is sulke tyd. Met 'n verwysing is ek toe daar weg na 'n hospitaal in Pretoria, dit was vir my so laaaang rit, maar my vriendin en die se dogtertjie is saam. So sit ons in die hospitaal gange en wag tot in ewigheid in en uiteindelik gaan ek vir my ondersoeke en scans en en en .. met die uitslag het ek gevoel, ek gaan omkap en die keer om 'n goeie rede..want my gebede is verhoor en die klein 'bloedblasie' is weg. . weg . net weg. Dit is waar dat ons Vader wonderwerke laat gebeur.
Vandag se floutes het my net weer laat terug dink, maar ek glo vandag was net my lae bloeddruk wat weer woer woer gespeel het.

Tuesday, October 4, 2011

Vreemde ding ...

Wat is daardie vreemde gevoel wat mens soms kry? Is dit maar net jou 6de sintuig wat oortyd werk? Ek sê altyd dat my 6de sintuig my nog nooit in die steek gelaat het nie.

Ek het nou al vir 'n paar dae die baie vreemde gevoel dat daar iets gaan gebeur of aan die gebeur is..dit sal ek maar seker moet wag en sien. Hoe verduidelik mens aan 'n persoon dat jy weet maar net omdat jy weet dat iets nie pluis is nie. Is dit ons Vader wat ons waarsku of hoe dan anders?

Ek kry gewoonlik die gevoel en dieselfde dag is daar 'n 'ietsie' of dit nou goed of sleg is..maar die keer is dit anders. Ek hoop en bid dat dit nie 'n groot ding is nie en dat ek my maar net verbeel. My vriendin het al haar sake mooi agtermekaar begin te kry en net 2 of 3 maande later is sy wreedaardig vermoor...laat mens wonder.

10:39 ... Sien ek het geweet...en daar kap ek toe om by die werk met lae bloeddruk.